LUMINOUS SHADE

Listen to samples & Download:

Listen to Samples
Cart iTunes Amazon ClassicsOnline InstantEncore
Clarinet: Maria du Toit
Piano:
Nina Schumann
Cat. #: TP1039145 | Single CD
Label: TwoPianists Records
Recorded at: Endler Hall, Stellenbosch University, South Africa, 14 - 17 November 2011

ABOUT

Western art music tradition in South Africa is perhaps not well-known internationally but a rich tradition of excellence is evidenced by this very recording, which was recorded and produced in South Africa and features South African artists.
Clarinettist Maria du Toit is a character of many contradictions: a preacher’s daughter, she surprisingly dons an array of expressive tattoos. Adventurous and content, sexy yet demure – one is never quite able to shake the elusive quality that follows her in life and also in musical life. Despite, or because of these contradictions, she has established herself as one of the premier clarinetist of her generation. With Luminous Shade Maria takes the listener on a journey: from Bozza’s Paris, Hofmeyr’s South Africa, Rheinberger’s Germany and Martino’s jazzy USA, to Benjamin’s admiration for Ravel, Negrea’s Romania and Bassi’s Italian opera. The program features both lyricism and virtuosity and succeeds in illuminating the illusive clarinet sound.

TRACK LIST

01 - Eugène Bozza (1905-1991) Bucolique
02 - Hendrik Hofmeyr (1957- ) Canto Notturno
Joseph Rheinberger (1839-1901) Sonata for Clarinet and Piano op.105a
03 - Allegro non troppo
04 - Andante molto
05 - Non troppo allegro
Donald Martino (1931-2005) A Set for Clarinet
06 - Allegro
07 - Adagio
08 - Allegro
09 - Arthur Leslie Benjamin (1893-1960) Le Tombeau de Ravel
10 - MarĊ£ian Negrea (1893-1973) Martie
11 - Luigi Bassi (1833-1871) Fantasia da Concerto su motivi del Rigoletto

REVIEWS

Clarinet Magazine, June 2013
Raphael Sanders
Download here

Paul Boekkooi, Beeld - South Africa, 25 Oct. 2012

Die Kaapse klarinetspeler Maria du Toit se debuutopname, Luminous Shade, uitgereik deur TwoPianists, is ’n uiters boeiende en aantreklike versameling ongewone werke wat aspekte rondom die hoogbloei van dié instrument oor die afgelope 150 jaar verteenwoordig.
In die regte hande gee enige avontuurlike luisteraar hom- of haarself gewillig oor aan die veelsydig omvattende klankpotensiaal van die klarinet.
Die graad van versmeltende liriek in kombinasie met die instrument se drie sterk onderskeibare registers sorg deurlopend vir kontrasterende timbres.
Du Toit wys op die verhoogde graad van ekspressiewe virtuositeit wat in 20ste- en 21ste-eeuse komposisies voorkom – iets wat sy wyd in haar gekose program demonstreer.
Die openingswerk, die Fransman Eugène Bozza (1905-1991) se Bucolique, is deels vloeiend meditatief, maar daar is ook ’n energieke element wat verrassend uit die kalme inleiding na vore kom.
Opvallend is die musikaal deurdagte eenheid tussen die klarinet en klavier, met laasgenoemde wat in Nina Schumann se hande ’n lig getinte eksotiese element daaraan verleen.
Hendrik Hofmeyr se Canto notturno, die enigste 21ste-eeuse komposisie op dié versameling, is ’n broeiende werk waarin die nagstemming ook ’n mate van rusteloosheid oproep voordat dit, heel idiomaties, na die aanvanklike atmosfeer terugkeer.
Die hoofwerk op dié CD is Joseph Rheinberger, ’n ietwat jonger tydgenoot van Brahms, se Sonate vir klarinet en klavier, op. 105a – getranskribeer van ’n vroeëre Vioolsonate.
Hier verkry dit met romantiese ontvanklikheid ’n uitvoering wat al die musikale aspekte wat spesifieke karaktertrekke aan die middel-Romantiek verleen, na vore bring.
Dit spreek op sy sterkste in die vloeiende melodiek van die Andante molto.
A Set for Clarinet van die Amerikaanse komponis Donald Martino (1931-2005) is drie solo-stukke waarin improvisasies die grondslag van die neergeskrewe partituur vorm.
Dit is uiters virtuoos en bewys dat Du Toit nie skrik vir die jongste uitdrukkingspektrum waartoe die klarinet in ons tyd in staat is nie.
Die enigste ander werk vir solo-klarinet is die Roemeen Martian Negrea (1893-1973) se Martie.
Dit is deur ’n gedig van Lu­cian Blaga geïnspireer. Ook hier word bewys hoe sterk ’n klarinet die gedig se subteks kan suggereer.
Arthur Benjamin (1893-1960) se huldeblyk aan Ravel, Le tombeau de Ravel, besit ook ’n ondertitel: Valse caprices.
Dit verklaar dan ook hoe die Fransman se Valses nobles et sentimentales dié Australies gebore komponis regstreeks geïnspireer het.
Albei musici dring die idiomatiese rykdom van Benjamin se werk met ’n wye verskeidenheid van kleurrykdom en -subtiliteite binne.
Ten slotte is Luigi Bassi se Fantasie-concerto op temas uit Rigoletto ’n virtuose speelstuk in ’n salonstyl.
In ’n uitvoering soos hierdie word Verdi se meesterskap met hernieude bewondering ervaar.